Wat het die Solidariteit Regsfonds al bereik?

Die Regsfonds se topvyf-regsoptredes die afgelope vyf jaar:

  • Rassediskriminasie

Solidariteit het in 2021 die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies (VN) ingevolge die Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Alle Vorme van Rassediskriminasie (ICERD) aangekla.

Die VN se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) se uitspraak sal bindend op Suid-Afrika wees en Suid-Afrika sal sy eie wetgewing by die internasionale konvensies moet aanpas. Indien Suid-Afrika weier om daaraan gehoor te gee, kan die konvensies gebruik word om diplomatieke druk op Suid-Afrika uit te oefen. ʼn Gunstige uitspraak sal Solidariteit ook in ʼn sterk posisie plaas om die internasionale aanbevelings deur middel van die Suid-Afrikaanse howe te laat afdwing.

So ʼn saak sal waarskynlik in 2022 aangehoor word en groot regskoste sal daarvoor aangegaan moet word.

  • Solidariteit sê nee vir NGV

Solidariteit het besluit om met omvattende, wettige belastingprotes te begin om die grootskaalse belastingplundering in die land die stryd aan te sê. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het ʼn verslag uitgereik wat wys dat die las op belastingbetalers tot drie keer soveel as die huidige belastinglas kan toeneem as Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) deurgevoer sou word.

In 2019 het die gevaar van die NGV in die vorm van ʼn wetsontwerp om dit uiteindelik wet te maak aan die deur van alle Suid-Afrikaners kom klop en Solidariteit is steeds aan die voorpunt van die stryd om hierdie wetsontwerp te beveg.

As deel van ons belastingprotes word beplan om die NGV-voorstel in die hof te toets.

  • Molefe versterk Regsfonds met R800 000

Oorwinnings wat Solidariteit in die hof teen die voormalige Eskom-hoof, Brian Molefe, en Hlaudi Motsoeneng, die voormalige bedryfshoof van die SAUK, behaal het, het daarvoor gesorg dat daar gesamentlik nie minder nie as R1,3 miljoen tot die Regsfonds bygedra is – twee van dié fonds se grootste suksesverhale.

Solidariteit het al in 2017 hofgeding teen Molefe begin om hom aanspreeklik te hou vir die R30 miljoen waarmee hy homself onregmatig uit die Eskom-pensioenfonds verryk het. Hierdie geding het tot by die konstitusionele hof gedraai, waar die finale uitspraak bepaal het dat Molefe nie net die pensioenvoordeel moet terugbetaal nie, maar ook aanspreeklik is vir Solidariteit se regskoste.

  • Denel

Solidariteit is voortdurend in die hof namens sy lede by Denel wie se agterstallige salarisse nie ten volle deur Denel betaal word nie, al is daar ʼn hofbevel tot die effek.

Die arbeidshof in Johannesburg het Denel op 22 Februarie 2022 beveel om ʼn betaling van R90 miljoen aan Solidariteit-lede vir agterstallige salarisse te maak. Dit volg nadat Solidariteit ʼn saak teen Denel oor uitstaande salarisse en ander betalings wat aan Solidariteit-lede verskuldig is, gedryf het. Dié saak volg op ʼn vorige sukses toe Solidariteit lasbriewe ten bedrae van R12 miljoen gekry het en Denel uiteindelik betaal het.

Solidariteit moes op 9 Maart 2022 weer lasbriewe van eksekusie by die balju indien nadat Denel versuim het om die R90 miljoen se salarisse ingevolge die hofbevel aan Solidariteit-lede oor te betaal.

Pensioenkaping

Solidariteit het in Desember 2020 ʼn aanmaning aan die direksies van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) en die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gestuur om te verhoed dat enige pensioengeld as reddingsboeie vir Eskom aangewend word.

Solidariteit sal nie skroom om verdere regsoptrede teen die GEPF en OBK in te stel nie.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close