Waarom verskil hierdie saak van die Barnard-saak?

Alhoewel ooreenkomste inderdaad met die Barnard-saak bestaan (in die geval van nege uit die tien applikante het ’n onderhoudpaneel die applikante as die geskikste / aanbevole kandidaat vir aanstelling bevind, maar hulle is bevordering ontsê uitsluitlik op grond van rasse-oorwegings), verskil dit wat die regsopsigte daarvan betref.

In die Barnard-saak het die konstitusionele hof bevind dat die diensbillikheidsplan, wat die besluit om Barnard nie aan te stel nie, ten grondslag lê, nie betwis is nie. Die hof het verder aangevoer dat ons saak daaroor gehandel het om die besluit van die Nasionale Kommissaris te hersien maar dat ons nie die saak as sodanig gepleit het nie. Die hof het verder tot die gevolgtrekking gekom dat die Nasionale Kommissaris inderdaad faktore bo en behalwe ras in ag geneem het in die neem van die besluit om Barnard nie aan te stel nie.

Dit is duidelik ’n hoogs tegniese basis op grond waarvan die hof besluit het om nie in ons guns te bevind nie. Hoe dit ook al sy, in hierdie saak (die DKD-saak) word die plan self direk betwis en word dit uitgedaag op grond daarvan dat die plan met die stel van teikens (welke teikens in elke provinsie ingestel en bereik moet word) slegs die nasionale rassedemografie in ag geneem het.

Daarbenewens het ons in ons pleitstukke ook gevra dat die besluit van die Nasionale Kommissaris op hersiening geneem word op grond daarvan dat ras in die meeste gevalle die enigste oorweging was om nie die applikante aan te stel nie. Gevolglik word die tegniese kwessies wat deur die konstitusionele hof geopper is, nou aangeroer en is die regsbestek ingevolge waarvan die hof hierdie saak moet beslis dus heelwat wyer.

  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close