Waarom is hierdie saak die betekenisvolste dispuut oor regstellende aksie van sy tyd?

Die konstitusionele hof het nog nie uitsluitsel gegee oor die sentrale kwessie van hierdie saak nie, naamlik of ’n diensbillikheidsplan streeksdemografie mag ignoreer.

Anders gestel, die vraag is of ’n diensbillikheidsplan in die daarstelling van numeriese doelwitte slegs die nasionale rassedemografie mag in ag neem, terwyl alle ander relevante faktore soos die streeksdemografie en die poel van toepaslik gekwalifiseerde kandidate waaruit ’n werknemer kan verwag om aanstellings of bevorderings te maak, buite rekening gelaat word.

Dit is die algemene praktyk by alle staatsdepartemente en talle privaat of semi-privaat instellings om slegs op die nasionale rassedemografie te steun in die daarstelling van hul numeriese doelwitte. Die uitslag van hierdie saak sal nie net ’n invloed hê op daardie maatskappye of departemente nie, maar op die manier waarop die departement van arbeid wetlike nakoming afdwing.

  • 229
  •  
  •  

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close