Stop die rasmalheid!

Suid-Afrika is die mees rasgereguleerde land ter wêreld. Jy word met ras gekonfronteer op alle vlakke van die samelewing, want vir alles is daar ’n rassewet.  Ras word betrek as jy wil studeer, as jy finansiële studiehulp benodig, as jy sport wil speel, as jy sake wil doen, as jy wil werk en as jy aansoek wil doen vir bevordering.

Die regering se obsessiewe rassewette maak hulle blind vir die enorme ekonomiese krisis waarin die land tans is en is besig om en verdeeldheid te saai. Ons sê: “Genoeg is genoeg.”

Daarom het ons ’n reuse-protesveldtog van stapel gestuur om die regering se rasmalheid aan te spreek. Ons gaan as deel van ons protesveldtog ’n gesprek met pres. Ramaphosa eis, aanhou om druk op politiek te plaas en voortgaan met ons hofsake ten einde  ʼn klag teen die rasvergrype van die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies (VN) se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) te lê.

Jy het die REG om VRY en VEILIG in jou land te woon en te werk! Moenie dat die staat dit van jou ontneem nie. Sê saam met ons NEE vir die rasmalheid. Teken ons protesbrief klik hier

  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close