Solidariteit beveg regstellende aksie só

Solidariteit het op sy krisisberaad op 5 Mei die mosie aanvaar om regstellende aksie te bekamp deur voort te gaan om ’n klag by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie te lê. Dié klag word in die vorm van ’n skaduverslag aan die VN oorhandig. In die skaduverslag word gemeld dat die toepassing van rassekwotas ongrondwetlik en teenstrydig met die VN se konvensie vir die uitwissing van rassediskriminasie is.

Solidariteit het op 13 Mei ’n konferensie gehou wat die begin van ʼn twee maande lange openbare proses om insette te verkry, inlui. By die konferensie het verskeie meningsvormers insette op die skaduverslag gelewer, en het ook in die proses hul onomwonde steun aan die veldtog verleen.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het by die geleentheid gesê dat die regering se beleid van rassekwotas nie as regstellende aksie gedefinieer kan word nie, maar eerder as ’n vorm van neo-rassisme, wat nêrens in die wêreld aanvaarbaar is nie. In aansluiting daarby het Temba Nolutshungu, ’n direkteur van die Vryemarkstigting, gesê dat die instelling van regstellende aksie die grootste politieke bedrog is wat tot dusver ná die apartheidsbeleid gepleeg is. Die sakeman Herman Mashaba het sy misnoeë met die regstellendeaksie-beleid te kenne gegee deur te sê dat die toepassing van dié beleid besig is om rassediskriminasie te bevorder.

Die verslag stel onder meer dat daar met die toepassing van regstellende aksie nie op opleiding en ontwikkeling gefokus word nie, maar dat dit slegs daarop fokus om wiskundige uitkomste te bekom. Verder wys Solidariteit se skaduverslag daarop dat deur met regstellende aksie te volhard, dienslewering agteruitgaan.

Lees die volledige verslag hier.

Lewer kommentaar op die veldtog hier.

  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close