Solidariteit begin reuse-regsaksie teen die SAPD

Die vakbond Solidariteit het gesê hy gaan eersdaags met ʼn reuse-regsproses teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) begin. Die proses behels onder meer ʼn dringende hofaansoek teen bevorderings en aanstellings gebaseer op die SAPD se huidige regstellendeaksieplan. Solidariteit is van mening dat dié plan op ’n kwotastelsel neerkom en dat daar in die proses onbillik teen sy lede in die polisie diskrimineer word.

Solidariteit het verlede week reeds die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, asook die waarnemende polisiekommissaris, lt.genl. Johannes Khomotso Phahlane, in ʼn skrywe vermaan dat geen aanstellings en bevorderings in die polisie op grond van die huidige plan (geldig vanaf 2015 tot 2019) moet geskied nie. Hierop het die minister en die waarnemende kommissaris gereageer deur te sê dat hulle sal voortgaan om aanstellings en bevorderings op die plan te skoei.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, is die vakbond nou genoodsaak om die hof op ʼn dringende basis te nader om sodoende die werking van die plan nietig te laat verklaar. “Die SAPD se huidige regstellendeaksieplan is soortgelyk aan die polisie se vorige regstellendeaksieplan wat reeds in Januarie vanjaar deur die arbeidshof ongrondwetlik verklaar is. Die huidige plan kom dus in wese op dieselfde onbillike diskriminasie neer en behoort daarom ongeldig verklaar te word,” sê Van der Bijl.

Van der Bijl sê die doel van Solidariteit se regsaksie teen die polisie is nie net om die huidige regstellendeaksieplan aan te vat en om die werking daarvan te probeer negeer nie, maar dit is ook die begin van ’n reuseveldtog teen al die SAPD se onbillike arbeidspraktyke. “Die publiek verdien ʼn effektiewe polisiediens waar die beste persoon, ongeag sy of haar ras of geslag, bevorder en aangestel word. Ons kan eenvoudig nie langer toekyk hoe persone suiwer op grond van ʼn rigiede, numeriese kwotastelsel vir aanstellings en bevorderings beoordeel word nie. Ons meen voorts dat aanstellings en bevorderings in die polisie op grond van meriete moet geskied,” sê Van der Bijl.

Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, gee meer agtergrond oor die saak:

  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close