Regstellende aksie, beskerming van minderheidsgroepe en ons plan van hoop

Ná ’n onlangse besoek aan Europa, waar verskeie leiers van die Solidariteit Beweging gaan ondersoek instel het na onlangse ontwikkelings op die internasionale front oor minderheids-taalgroepe en minderheidskultuurgroepe, skryf Flip Buys dat Suid-Afrika nie tred gehou het met die tye nie. Die Duitse outonome provinsie, Suid-Tirool in die noorde van Italië, is spesifiek as deel van die toer besoek. Dié deelstaat word beskou as een van die mees suksesvolle staatkundige projekte in Europa.

Buys voer aan dat die beskerming van minderheidsgroepe, veral in Afrika, dikwels die onderspit delf aangesien die meerderheid so dikwels teen die minderheid regeer. Alhoewel die Verenigde Nasies reeds in 1992 handveste gekonstrueer het om die beskerming van minderhede te verseker, blyk dit dat die handveste nie altyd die aandag geniet wat dit verdien nie.

Buys verwys na die waarskuwing van Henry Kissinger wat daarop gewys het dat demokrasie in multi-etniese lande dikwels tot permanente diskriminasie en vernietiging van minderhede se belange lei. Dit is vanweë dié besef dat die Verenigde Nasies ingegryp het en poog om politieke standaarde so te ontwikkel dat meerderheidsregering aangevul word deur minderheidsbeskerming.

Regstellende aksie is ’n goeie voorbeeld van hoe ’n meerderheidsregering die minderheid wil uitwerk, ’n praktyk wat nie strook met die resolusie om minderheidsgroepe wêreldwyd te beskerm nie.

Op Solidariteit se krisisberaad is daar reeds aangedui dat die rassewette wat onder die dekmantel van regstellende aksie verskerp word, strydig is met die internasionale konvensie om die uitwissing van rassediskriminasie te verseker. Dit is om dié rede dat die Solidariteit Beweging nie net ’n skaduverslag later vanjaar by die VN indien nie, maar ook vandeesweek ’n petisie by die Parlement onder speaker Baleka Mbete se aandag bring juis oor die vorm van rassediskriminasie.

Buys benadruk verder dat die ruimtes waarvoor die Grondwet voorsiening maak, gebruik moet word om minderheidsgroepe te beskerm. Verder beywer die Solidariteit Beweging hom daarvoor om self organisasies te stig wat juis dié belange beskerm, en om sodoende ons toekoms self te verseker.

Lees die skaduverslag aan die VN hier.

  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close