Regsfondsvoordele

* Bepalings en voorwaardes geld. Klik hier.



Alle volopbetaalde ondersteuningslede kry 20%-afslag by uitgesoekte ontspanningsoorde.

  • Kokoriba
  • Santana

Kontak: 0861 25 24 23 Besoek: www.vakansievoordeel.co.za

Ledeafslag op besprekings by Santana-vakansieoord sal net tot en met 30 November 2021 geld. Hierdie vakansievoordeel gaan aan die einde van 2021 wegval.

Studeer nauurs in Afrikaans. Akademia, ʼn private Afrikaanse hoëronderwysinstelling wat afstandsonderrig bied.

*Vanaf die 2022-inname kry Solidariteit-lede en hul afhanklike kinders tot en met 21 jaar 20%-afslag op die
eerste jaar van studie.

Lees meer oor Akademia: www.akademia.ac.za

Kontak: 0861 222 888 E-pos: navrae@akademia.ac.za of diens@solidariteit.co.za

Ondersteuningslede van Solidariteit se Regsfonds sowel as afhanklike kinders tot op die ouderdom van 21 jaar
kry voorkeur tydens innames by Sol-Tech.

Lees meer: www.sol-tech.co.za

Kontak: 0861 25 24 23 E-pos: navrae@sol-tech.co.za

Finansiële hulp vir tersiêre opleiding as Solidariteit-ondersteuningslid

Vir Regsfonds-ondersteuningslede en hul afhanklike kinders tel ondersteuningslidmaatskap addisionele punte
wanneer hulle by Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum aansoek doen om finansiële hulp
vir tersiêre opleiding.

Lees meer: www.helpendehand.co.za

Kontak: 0861 25 24 23 E-pos: sfs@helpendehand.co.za

Solidariteit stel gratis vir ondersteuningslede ʼn testament op. Die testament word ook gratis bewaar.

Kontak: 0861 25 24 23 of 012 362 1552 E-pos: fineks@svslaw.co.za

Solidariteit Finansiële Dienste bied finansiële oplossings deur waardegedrewe advies en uitnemende diens te
verskaf.

  • Virseker Motor- en Huisinhoudversekering
  • Beleggings
  • Aftreebeplanning
  • Omvattende finansiële advies

          Kontak: 0861 10 10 05 E-pos: sfdadmi@solidariteit.co.za

Solidariteit het ʼn kontrak met ʼn diensverskaffer wat ʼn behoeftepeiling doen om jou te help om die mediese
fonds te kies wat die beste by jou persoonlike omstandighede pas.

Kontak: 0861 101 005 E-pos: solidariteit@health2wellness.co.za

Verskil tussen Solidariteit lidmaatskap en Regsfonds ondersteunerslid:

As ʼn Regsfonds-lid ondersteun jy die Solidariteit beweging met die stand teen regstellende aksie.

Regsfonds-lidmaatskap berus op ʼn vrywillige bydrae van jou keuse en gevolglik is die voordele van Regsfonds lidmaatskap beperk en sluit dit die arbeidsregsadviesvoordele van Solidariteit-lidmaatskap uit.

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close