Regsfondslede word bedank vir DKD-oorwinning

“Solidariteit se onlangse oorwinning in die arbeidsappèlhof is te danke aan alle Regsfondslede; die oorwinning behoort aan hulle,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit na die uitspraak gesê.

Die arbeidsappèlhof in Kaapstad het onlangs beslis dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) nie net die nasionale rassedemografie in die Wes-Kaap mag toepas nie. Die uitspraak is gelewer nadat Solidariteit die DKD namens tien werknemers hof toe geneem het omdat die DKD net die nasionale rassedemografie wou toepas.

“Hierdie uitspraak is ʼn groot oorwinning vir Solidariteit en ʼn groot terugslag vir die staat se beleid om die nasionale rassedemografie oral in Suid-Afrika toe te pas,” het Hermann bygevoeg.

Hermann meen egter dat hierdie oorwinning, en vele ander welslae, nie sonder die ondersteuning van die Regsfondslede behaal sou kon word nie. Dit is te danke aan hulle dat Solidariteit telkemale daarin slaag om arbeidskwessies aan te pak en ’n verskil in die omstandighede van minderheidsgroepe in die werkersmag te maak.

Solidariteit wil dus graag al die lede wat tot die Regsfonds bydra, opreg bedank vir hul volgehoue ondersteuning en geloof in die sake wat Solidariteit namens sy lede beveg. Dit is voorwaar die grondslag waarop Solidariteit sy suksesse bou en steeds sal volhard om vir reg en geregtigheid te veg om saam ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms te verseker.

  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close