Rassistiese UJ dosent geskors

Nadat Solidariteit in ’n skrywe aan die Universiteit van Johannesburg daarop aangedring het, is ’n dosent van die Universiteit van Johannesburg hangende ’n dissiplinêre verhoor geskors. Die dosent, wat vermeende rassistiese inskrywings op haar Twitter-profiel gemaak het, se “optrede dui op die direkte verontagsaming van die deugsame kultuur en beginsels van die universiteit en blaas onnodige rassespanning aan,” het Johan Botha bedryfshoof van die Professionele Bedryf by Solidariteit gesê.

Solidariteit is egter oorgehaal om verdere stappe teen die dosent te neem indien die universiteit nie na behore teen haar optree nie. “Haar inskrywings op Twitter openbaar ’n duidelike aanval teenoor wit mense, wat indruis teen die universiteit se streng beleid ten opsigte van rassisme onder sy personeel,” het Botha gesê.

Botha verduidelik dat artikel 60 van die Wet op Gelyke Indiensneming voorsiening maak vir optrede teen ʼn werkgewer wat nie die nodige dissiplinêre stappe teen ʼn werknemer wat rassistiese gedrag openbaar, neem nie.

Kyk na haar inskrywing op Twitter hier.

  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close