Eskom se diensbillikheidsplan – Solidariteit maak stem dik

Nadat dit onlangs aan die lig gekom het dat Eskom beoog om sy getal wit werknemers met nagenoeg 3 400 te verminder sodat sy werknemersprofiel teen 2020 die nasionale rassedemografie weerspieël, het Solidariteit begin werk aan konsepstukke vir ʼn uiteindelike hofsaak teen die nasionale kragverskaffer.

Volgens ʼn memorandum wat deur Dirk Hermann, Solidariteit se bestuurshoof opgestel is, het Eskom tussen 1994 en 2002 van meer as 10 000 wit werknemers ontslae geraak. Die memorandum wys daarop dat Eskom se fokus van kragopwekking en -verspreiding na rassetransformasie verskuif het. Die instelling het tussen 1994 en 2000 ʼn obsessie ontwikkel om sy rasseprofiel te verander. Deur hierdie planne te implementeer, en in die proses waardevolle tegniese en bestuursvaardighede op te offer, het Eskom direk bygedra tot die kragvoorsieningskrisis wat tans beleef word.

Die hofsaak teen Eskom word geskoei op die regmatigheid van Eskom se nuwe diensbillikheidsplan. “Eskom se diensbillikheidsplan neem nie die kode vir beste praktyk in ag nie en slegs die ekonomies aktiewe bevolking is in berekening gebring by die stel van sy numeriese doelwitte,” het Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, gesê. Ná ʼn vergadering vroeg in April tussen Solidariteit en Eskom het die partye ooreengekom dat samesprekings op 24 April sou hervat en dat Eskom dan terugvoering sal gee juis oor hierdie punte wat Solidariteit geopper het. Groenewald meen dat enige litigasieproses dan moontlik teen die einde van April 2015 kan begin.

  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close