Die staat se inmenging op jou fisiese asook jou finansiële welstand

Ons het 2020 begin met twee groot gevegte wat in die beste belang van jou as Solidariteit-lid van stapel gestuur is. Dié gevegte het betrekking op inmenging deur die staat op jou fisiese asook jou finansiële welstand.

Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)

In 2018 het ons die geveg teen die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering en die radikale impak wat dit op die kwaliteit van jou gesondheidsorg gaan hê, begin. Vanjaar sit ons die geveg voort – op 21 Februarie gaan ons jou stem by die openbare sittings wees om verseker dat die NGV nie in sy huidige formaat geïmplementeer word nie.

Pensioenkaping

Ons het reeds met regstappe begin om jou pensioen uit die kloue van die staat te hou. Ons regspan het in ʼn regsbrief aan die Staatspensioenfonds (GEPF) asook die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) geëis dat dié instellings se trustees en direksie nie die plan om Eskom uit die GEPF te finansier, moet aanvaar nie. Indien hulle besluit om die omstrede Eskom-plan te implementeer, staan ons reg om verdere regstappe te neem.

Solidariteit se Regsfonds maak hierdie sake moontlik. Dra jy by tot die Regsfonds? Word deel; SMS Regsfonds na 34802.

  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close