Derick Wehr

Werkgewer: Departement van korrektiewe dienste (DKD) 

Wehr het aansoek gedoen vir die pos van werkwinkelbestuurder in die Drakenstein-bestuursarea. Hy neem tans in die posisie waar. Hy is deur ’n onderhoudpaneel as die beste kandidaat vir die betrokke pos aangewys. Hy is egter nie in die pos aangestel nie, aangesien sy aanstelling nie met die teikens van die DKD se regstellendeaksieplan sou strook nie.

Wehr het op 17 Augustus 2012 ’n saak na die KVBA verwys nadat hy alle interne grieweprosedures uitgeput het. Die saak is op 10 September 2012 na die arbeidshof verwys.

  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close