Artikels/mediadekking


Staat moet minder inmeng, bestee – Solidariteit

Die vakbond Solidariteit het in aanloop tot minister Pravin Gordhan se begrotingsrede gesê dat die land se ekonomie slegs beduidend sal herstel mits staatsinmenging in die ekonomie en staatsbesteding drasties afneem. Die vakbond het voorts vier voorskrifte vir ekonomiese groei daargestel. Gerhard van Onselen, ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het die hoop uitgespreek […]

Lees Meer

Solidariteit begin reuse-regsaksie teen die SAPD

Die vakbond Solidariteit het gesê hy gaan eersdaags met ʼn reuse-regsproses teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) begin. Die proses behels onder meer ʼn dringende hofaansoek teen bevorderings en aanstellings gebaseer op die SAPD se huidige regstellendeaksieplan. Solidariteit is van mening dat dié plan op ’n kwotastelsel neerkom en dat daar in die proses onbillik teen […]

Lees Meer

Wat hier bereg word is die ideologie van absolute demografiese rasse-verteenwoordigendheid

Alhoewel dit inderdaad die hoofsaak is, strek die saak egter verder as net dié aangeleentheid en hou dit verreikende gevolge in vir die manier waarop werkgewers regstellende aksie toepas. In die Barnard-saak het die konstitusionele hof nagelaat om behoorlike betekenis te heg aan wat die verbod op kwotas behels, ’n kwessie wat ook in hierdie […]

Lees Meer

Waarom is hierdie saak die betekenisvolste dispuut oor regstellende aksie van sy tyd?

Die konstitusionele hof het nog nie uitsluitsel gegee oor die sentrale kwessie van hierdie saak nie, naamlik of ’n diensbillikheidsplan streeksdemografie mag ignoreer. Anders gestel, die vraag is of ’n diensbillikheidsplan in die daarstelling van numeriese doelwitte slegs die nasionale rassedemografie mag in ag neem, terwyl alle ander relevante faktore soos die streeksdemografie en die […]

Lees Meer

Waarom verskil hierdie saak van die Barnard-saak?

Alhoewel ooreenkomste inderdaad met die Barnard-saak bestaan (in die geval van nege uit die tien applikante het ’n onderhoudpaneel die applikante as die geskikste / aanbevole kandidaat vir aanstelling bevind, maar hulle is bevordering ontsê uitsluitlik op grond van rasse-oorwegings), verskil dit wat die regsopsigte daarvan betref. In die Barnard-saak het die konstitusionele hof bevind […]

Lees Meer

Solidariteit beveg DKD-saak in konstitusionele hof

Aanstaande week, op 18 November, gaan die vakbond Solidariteit se saak deur die konstitusionele hof aangehoor word. Dit volg nadat die arbeidsappèlhof op 10 April vanjaar in Solidariteit se guns beslis het deur te bepaal dat die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) nie slegs die nasionale rassedemografie by die aanstelling en bevordering van werknemers in […]

Lees Meer

Solidariteit vat Eskom hof toe oor rasseplan

Die vakbond Solidariteit het onlangs hofstukke bekendgemaak waarin hy die arbeidshof onder meer vra om die nasionale kragvoorsiener se huidige regstellende-aksieplan ongeldig te verklaar. Die vakbond meen dié plan sal Eskom se vaardigheidskorps verder uitdun en die heersende kragkrisis vererger, wat alle mense in Suid-Afrika negatief sal raak. Solidariteit se hofaansoek is op beide prosedurele […]

Lees Meer

Solidariteit versoek parlementêre debat oor skaduverslag

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek namens meer as 300 000 Suid-Afrikaners, insluitend die vakbond se lede, die speaker van die parlement versoek om ʼn parlementêre debat te hou oor die regering se verontagsaming van die VN-konvensie wat alle vorme van rassediskriminasie wil elimineer. Solidariteit gebruik sy reg ingevolge artikels 56(d) en 69(d) van die Grondwet […]

Lees Meer

Die stryd om die ordes

Deur Flip Buys Daar is niks so magtig soos ’n idee wat massas besiel nie. Die Calvinistiese filosoof, prof HG Stoker, het reeds in die vroeë veertigerjare die verskillende ideologiese denkstrominge behandel in sy meesterwerk, Die Stryd om die Ordes. Maar selfs Karl Marx het tereg gesê dat die “idees van die regerende klas die […]

Lees Meer

Regstellende aksie, beskerming van minderheidsgroepe en ons plan van hoop

Ná ’n onlangse besoek aan Europa, waar verskeie leiers van die Solidariteit Beweging gaan ondersoek instel het na onlangse ontwikkelings op die internasionale front oor minderheids-taalgroepe en minderheidskultuurgroepe, skryf Flip Buys dat Suid-Afrika nie tred gehou het met die tye nie. Die Duitse outonome provinsie, Suid-Tirool in die noorde van Italië, is spesifiek as deel […]

Lees Meer


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close