Die Solidariteit Regsfonds is met een doel voor oë gestig: Om die regering se onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan.

Solidariteit se stryd is vir ons kinders. Ons moet nou reeds hierdie onregverdighede hokslaan sodat ons kinders eendag ʼn toekoms kan hê waarin hulle vry, veilig en voorspoedig kan lewe.

Solidariteit beveg tans tot 34 regstellendeaksiesake oor die land heen namens sy lede en die publiek, en wen 87% van alle regsgedinge. Solidariteit beywer hom deurgaans om die publiek teen die regering se beheptheid met ras en rasseverteenwoordiging te beskerm. Die regering se volgehoue toepassing van rassekwotas het die verdrukking van minderheidsgroepe en die totale verontagsaming van vaardighede tot gevolg.

  • Ons is MOEG daarvoor dat onregverdige regstellende aksie jou loopbaangeleenthede kelder.
  • Ons is MOEG vir swak dienslewering.
  • Ons is MOEG daarvoor dat ras die enigste vereiste vir bevordering is.
  • Ons is MOEG daarvoor dat regstellende aksie die speelveld ongelyk maak.
  • Ons is MOEG vir kwotas met die verkiesing van sportspanne.

Die regstellingsaksie wat Solidariteit in die komende jaar pak, toets verskillende elemente van regstellende aksie.

Want ons moet –

  • dienslewering verbeter;
  • die effektiwiteit van die staatsdiens se funksionering verbeter;
  • die uitsluiting van rasgroepe uit advertensies vir poste afstel;
  • die gebruik van rassekwotas by indiensneming en kies van sportspanne uitskakel;
  • die inagneming van streeksdemografie nie ongrondwetlik aangepas word nie;
  • minderhede se reg op waardigheid en gelykheid beskerm.

Al hierdie regskoste kan nie deur Solidariteit-lidmaatskapgelde alleen gedek word nie; dus skep ons die Regsfonds, en vra die publiek se ondersteuning om hierdie hofsake finansieel moontlik te kan maak.

Elke saak toets ʼn ander element van regstellende aksie en daarom is Solidariteit se regsstrategie so omvattend en is dit juis die rede dat ons hierdie kwessies kaalvuis moet aanpak.

As ons dit nie doen nie, wie gaan? Dit is jou en my verantwoordelikheid.

Die vakbond se volgende groot stap is om hom tot die Verenigde Nasies te wend deur die indiening van ʼn skaduverslag oor regstellende aksie.

Solidariteit verdedig sy skaduverslag op 3 Augustus 2016 by die Verenigde Nasies en beoog om deur hierdie skaduverslag te bewys dat die regering se toepassing van rassewetgewing onkonstitusioneel is en teen die VN se konvensie oor die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie indruis.

“Dit is die eerste keer dat die Suid-Afrikaanse regering sedert 1994 by die Verenigde Nasies vir rassediskriminasie aangekla word. Die kern van die klag is dat die Suid-Afrikaanse regering se absolute fokus op rasseverteenwoordiging teen die bepalings van CERD indruis. Die staat se rassebeleid gaan verder as wat met regstellende aksie internasionaal toegelaat word en voldoen nie meer aan die internasionale vereiste van regstellende aksie nie,”

Al hierdie sake word individueel aangepak ten einde rassekwotas uit te wis. Elke saak wat aangepak word, het invloed om te verseker dat ʼn nie-rasgedrewe samelewing bereik word.

  • 2016

    KORT OPSOMMING UITSLAG
    Regstellendeaksieplan onwettig verklaar
    Die wettigheid van die 2010-2014 regstellendeaksieplan van die SAPD is na die arbeidshof verwys omrede Solidariteit van mening was dat die plan nie aan die vereistes van die Grondwet en die Wet op Billike Indiensneming voldoen het nie. Ons het aangevoer dat die plan op ʼn kwotastelsel (wat spesifiek deur die Wet verbied word) neerkom. Die saak word in Solidariteit se guns beslis en die SAPD se regstellende-aksieplan vir die tydperk 2010-2014 word deur die arbeidshof onwettig verklaar.
    Werknemer word terugwerkend aangestel
    ʼn Wit man met jare se ervaring het aansoek gedoen om ʼn bevorderingsposby die Tshwane Stadsraad. Die pos is egter nooit gevul nie. Die werkgewer het aangevoer dat die enigste rede waarom die wit mannie aangestel is nie, was sy ras en geslag. Die Stadsraad het ook ten tye van die bevorderingsrondte nie ʼn goedgekeurde regstellende-aksieplan in plek gehad nie. Die arbeidshof beslis in Solidariteit se guns en gelas dat die Stadsraad die applikant terugwerkend in die pos moet aanstel.

    Daar word ook ʼn vergoedingsbedrag aan die applikant toegeken.
    Interdik teen SAPD toegestaan
    Solidariteit nader die arbeidshof met ʼn dringende aansoek om toekenning van ʼn interdik teen die SAPD se bevorderings-beleid vir 5000 poste wat in Februarie 2016 geadverteer is. Die basis van die aansoek was dat die SAPD nie die huidige (2015-2019) regstellende-aksieplan tydens die bevorderingsproses mag gebruik nie, aangesien die huidige plan in wese dieselfde is as die vorige plan wat reeds deur die arbeidshof onwettig verklaar is. Die arbeidshof beslis in Solidariteit se guns en die dringende interdik word toegestaan.

    Die SAPD word verbied om die huidige regstellende-aksieplan en ook die bevorderingsbeleid in enige bevorderingspos of aanstelling in die SAPD as maatstaf te gebruik.
  • 2015

    KORT OPSOMMING UITSLAG
    Aanstellingsbeleid strydig met Grondwet en Wet op Billike Indiensneming
    Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling se aanstellingsbeleid ten opsigte van likwidateursis na die hooggeregshof geneem. Die beleid het teen die aanstelling van wit mans as likwidateurs gediskrimineer. Die uitslag was in die guns van SARIPA (en dan ook Solidariteit wat as amicus gevoeg is). Die regter het hom baie sterk uitgespreek oor die gebruik van kwotas en spesifiek gemeld dat dit strydig is met die Grondwet, asook die Wet op Billike Indiensneming.
    Solidariteit ‘irriteer’ die staat en sy vakbonde
    Solidariteit het die SAPD versoek om toelating te verkry tot onderhandelinge tydens die opstel van die 2015-2019 regstellende-aksieplan ten einde die minderheidsgroepe (mense van nie-aangewese groepe) te verteenwoordig.

    Die SAPD het geweier en Solidariteit het die arbeidshof genader met ʼn versoek om toelating tot die onderhandelingstafel.
    Die uitslag was teen Solidariteit en die regter het in sy uitspraak genoem dat hy van mening is dat Solidariteit die aansoek geloods het om die teenpartye (SAPD, Popcru en Sapu) te ‘irriteer’.

    Solidariteit het intussen ook die billikheid en wettigheid van die 2015-2019 regstellendeaksieplan bevraagteken en die saak is na die arbeidshof verwys.
    DKD word beveel om onbillike toepassing van praktyke te staak
    ʼn Wit man met meer as 23 jaar diens in die Departement van Korrektiewe Dienste, het aansoek gedoen om ’n bevorderingspos, maar was nie gekortlys nie as gevolg van “employment equity”. Die DKD het aangevoer dat die aanstelling van wit mans nie in lyn is met hul regstellende-aksieteikens nie. Die DKD het egter ten tye van die kortlysproses nie ʼn goedgekeurde regstellende-aksieplan in plek gehad nie. Die Kommissaris van die KVBA het ʼn toekenning in Solidariteit se guns gemaak.

    Die bevel het gelas dat die applikant vergoeding moet ontvang vir die onbillike diskriminasie waaraan hy onderwerp is.

    Die DKD is ook beveel om die toepassing van onbillike praktyke te staak.
    SAPD skik buite die hof, lede bevorder
    Twee kapteine (wit mans) en ʼn adjudantoffisier (wit vrou) is op grond van hul ras, in terme van die SSSBC Agreement 2/2011, bevordering geweier. Solidariteit en die SAPD het die saak buite die hof geskik en die drie lede is bevorder.
  • 2014

    KORT OPSOMMING UITSLAG
    SAL-lede wel goed genoeg, heraangestel
    Die applikante (twee wit mans) het aansoek gedoen om poste by SAL se tegniese afdeling. Hulle aansoeke is goedgekeur, maar later weer gekanselleer as gevolg van regstellende-aksieteikens. Die saak is in Solidariteit se guns geskik en beide die applikante is heraangestel.
    Aanbeveel vir pos en word steeds nie oorweeg nie
    ʼn Kaptein (wit vrou), het aangevoer dat die SAPD teen haar gediskrimineer het deur haar nie in ʼn bevorderingspos aan te stel nie, ten spyte van die feit sy twee keer vir dieselfde pos aanbeveel is en geen ander swart kandidaat vir die pos oorweeg is nie. Die konstitusionele hof beslis in die SAPD se guns en voer aan dat daar nie ʼn absolute hindernis in die loopbaanvooruitsigte van die applikant was nie, aangesien sy wel op ʼn latere geleentheid deur die SAPD bevorder is. Die hoogste hof van appèl se uitspraak in die guns van die applikant is derhalwe deur die konstitusionele hof ter syde gestel.
    SAPD tree onbillik op teenoor offisier; hy word vergoed en aangestel
    ʼn Offisier (wit man) wat werksaam was in die SAPD se Misdaadintelligensie-eenheid se ouditafdeling is geviktimiseer nadat hy as ʼn fluitjieblaser opgetree het toe hy ernstige korrupsie en bedrog binne die eenheid oopgevlek en aangemeld het. Hy is deur die SAPD uit die eenheid verplaas en sodoende verhoed om enigsins die inligting verder op te volg en aan die Teenkorrupsie-eenheid te oorhandig. Die arbeidshof het in Solidariteit se guns beslis en gevind dat die SAPD onbillik teenoor die offisier opgetree het.

    Die applikant het vergoeding vir die onbillike arbeidspraktyk wat teen hom gepleeg is, ontvang en hy is na die SAPD se interne ouditafdeling oorgeplaas waar hy sy werksaamhede kon voortsit.
    Regstellendeaksieteikens kelder geleenthede
    ‘n Wit vrou wat reeds vir ʼn geruime tyd in diens van SAID was, het aansoek gedoen vir ʼn vakante bevorderingspos. Sy is nie aangestel nie as gevolg van die werkgewer se regstellende-aksieteikens. Die arbeidshof bevind in die guns van SAID en voer aan dat die applikant nie onbillike diskriminasie kon bewys nie.
    Skikking buite die hof, lid terugwerkend aangestel
    Die applikant, ’n wit man, was by drie geleenthede die beste kandidaat vir ʼn bevorderingspos in die SAPD se TMS-afdeling. Die pos is telkens teruggetrek en as gevolg van die SAPD se regstellende-aksieteikens nooit gevul nie. Solidariteit en die SAPD bereik ʼn skikking buite die hof.

    Die applikant word terugwerkend in die vakante pos aangestel.



’n Jaar nadat Solidariteit ’n klag oor rassekwotas teen die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies gelê het, moet die vakbond op 8 Augustus voor die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie verskyn. In dieselfde week moet die Suid-Afrikaanse regering voor dieselfde komitee verskyn. Dit is die eerste keer sedert 1994 dat die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies van rassediskriminasie aangekla word.

Volgens die Solidariteit-klag oortree die Suid-Afrikaanse regering die VN-konvensie wat alle vorme van rassediskriminasie verbied. Die klag fokus op die staat se gebruik van die nasionale rassedemografie as ’n kwotabeleid.

Daar word ook gefokus op die regering se onwilligheid om hofuitsprake, wat reeds gewys het dat die staat te ver gaan met rassekwotas, te implementeer.

Rassekwotas word ook op die sportveld in beroepe afgedwing en daarom gaan AfriForum saam met Solidariteit na die VN.

Die klag neem die vorm van ʼn skaduverslag aan wat ’n reaksie is op die verslag wat die regering by die komitee ingedien het oor vorderingmet die uitwissing van rassediskriminasie.

Die konvensie maak voorsiening daarvoor dat burgerlike organisasies, soos Solidariteit en AfriForum, ‘n regering kan verkla deur middel van ‘n skaduverslag wat voorgelê word in reaksie op die betrokke regering se eie verslag aan die komitee.

Die kern van die klag is dat die Suid-Afrikaanse regering se absolute fokus op rasseverteenwoordiging teen die bepalings van die konvensie indruis. Die staat se rassebeleid gaan verder as wat regstellende aksie internasionaal toegelaat word en voldoen nie meer aan die internasionale vereiste van regstellende aksie nie.

Klik hier om meer oor Solidariteit VS die Staat by die Verenigde Nasies te lees.

Top

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close